Voorskoot

'n Grofsmid met sy voorskoot.

'n Voorskoot (meervoud: voorskote) is 'n stuk doek of leer wat voor die liggaam gehang word om klere te beskerm en skoon te hou. Kokke dra byvoorbeeld voorskote in die kombuis en 'n smid sal 'n leervoorskoot in sy smidswinkel dra. Tydens 'n braai sal die braaier ook soms 'n voorskoot omhang om sy klere teen die kole en vet te beskerm.

Dames met voorskote werskaf in die kombuis.

'n Voorskoot bestaan uit 'n groot beskermende area wat voor die persoon se liggaam hang. Dit beskik ook oor 'n lus wat om die persoon se kop pas en twee linte wat met 'n strik agter die rug vasgeknoop word om dit in plek te hou.

Afhangende van die gebruik moet die voorskoot die nodige beskerming bied, maar ook maklik wees om skoon te maak. Professionele kokke dra gewoonlik spierwit voorskote, maar moderne voorskote kom in 'n verskeidenheid van kleure en ontwerpe. Dis raadsaam om 'n kleur te kies wat nie so vinnig vuil wys nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search